Italiaanse Grand Prix

Die Italiaanse Grand Prix (Italiaans: Gran Premio d'Italia) is een van die langslopende byeenkomste op die Formule Een-kalender. Die Italiaanse Grand Prix was ook een van die eerste Formule Een kampioenskapsrenne in 1950, en is elke jaar sederdien gehou. Die enigste ander kampioenskapswedren waarvoor dit waar is, is die Britse Grand Prix, en die enigste ander eerste F1 wedrenne wat nog op die kalender is die Monaco Grand Prix en die Belgiese Grand Prix. Alle Formule Een Italiaanse Grands Prix is sedert 1950 op Monza gehou, behalwe in 1980, toe dit by Imola gehou is. Die Italiaanse Grand Prix was 'n deel van die Europese kampioenskap van 1935 tot 1938. Dit is sewe keer as die Europese Grand Prix aangewys tussen 1923 en 1967, toe hierdie titel as 'n ere-aanwysing elke jaar aan een Grand Prixwedren in Europa toegeken is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy